Astrale projeksie

Astrale projeksie is in okkultisme die geloof dat die mens die vermoë het om sy liggaam bewustelik te verlaat deur middel van 'n astrale liggaam. Dit word ook as 'n buite-liggaamlike ervaring (BLE) beskryf. Aanhangers van die geloof glo dat die bewussyn van die persoon tydens astrale projeksie van binne die fisiese liggaam na 'n astrale liggaam beweeg. Verskeie mense het 'n ervaring waar hulle glo dat hulle buite hul liggame wakker word en dan afkyk na hul liggame. Astrale projeksie se doelwit is om hierdie ervaring te dupliseer terwyl die persoon by sy volle bewussyn is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search